Aswandam

Aswandam
Die Aswandam soos vanuit die ruimte gesien
Die Aswandam soos vanuit die ruimte gesien
Amptelike naam Aswan Hoërdam
Ligging Aswan
Provinsie/Land Egipte
Koördinate 23°58′14″N 32°52′40″O / 23.97056°N 32.87778°O / 23.97056; 32.87778
Dam in Nylrivier
Doel Opgaardam, Hidroëlektrisiteit
Konstruksie begin 1960
Openingsdatum 1970
Soort dam Dyk
Hoogte van wal 111 m
Lengte van wal 3 830 m (wal)
Bakmaat 169 kubieke kilometer
Reservoir Nassersee
Kapasiteit 169 miljoen m3
Damoppervlak 5 250 km2
Maksimum reservoirbreedte 980 m
Turbines 12×175 MW
Geïnstalleerde kapasiteit 2 100 MW

Die Aswandam is 'n dam in die Nylrivier in Aswan, in die suide van Egipte. Dit is een van die grootste damme ter wêreld en word vir besproeiing en die opwek van elektrisiteit gebruik.[1]

Sedert die 1960's verwys die naam na die Hoërdam; daar was reeds 'n kleiner dam laer af gebou wat in 1902 voltooi is (die Aswan Laerdam). Die konstruksie van die Aswandam Hoërdam was 'n sleutelprojek van die Egiptiese regering na aanleiding van die Egiptiese Revolusie van 1952. Kwessies soos die vermoë om vloede te beheer, water vir besproeiing te voorsien, en hidroëlektrisiteit op te wek was as belangrik vir Egipte se industrialisering geag. Die Aswandam is tussen 1960 en 1970 gebou en het 'n beduidende impak op die ekonomie en kultuur van Egipte gehad.[2]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Beleef die Nyl wat jy al só lank ‘ken’, Beeld, 11 April 2011

Developed by StudentB